F76. Die Woord Van God (RUBRIEK: Flammekids – Woord van God) Teks en Musiek: Soekie Rautenbach © 2003 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op God is groot) (Deut 6) Refrein: (x2) (Want) Die Woord van God is ewig (Ja) Die Woord van God is waar Die Bybel is die Woord van God sal dit in my hart bewaar Die Woord van God is nie te hoog Die Woord van God is nie te ver Die Woord van God is naby my in my mond en in my hart Refrein: (x2) As ek sit of as ek staan as ek lê of waar ek gaan praat ek daaroor want ek weet dan sal ek dit nooit vergeet Refrein: (x2) Skryf dit as ‘n teken op op jou hand en op jou kop in jou huis en op die deur dat jy dit uit jou kop kan leer Refrein: (x2) My oë lees die woorde deur My ore hoor dit weer en weer My mond bely dit nog ‘n keer My hande doen wat dit my leer Refrein: (x2)