F82. Hosanna (RUBRIEK: Flammekids – Lof / Lydenstyd) Teks en Musiek: Jan de Wet © 2002 MAR Gospel Music Publishers (Opgeneem op Jan de Wet & die lofkleuters, loflied 2) Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby Hy ry op ’n donkie die mense is so bly Hosanna! Hosanna! Hoor hul juig en skree. Hul dink Hy is die koning wat die vrede gee Hosanna! Hosanna! Jesus kom verby Hy ry op ‘n donkie die mense is so bly Hosanna! Hosanna! Almal is so bly. Maar wie het ooit gedink dat Hy moes sterf vir my