F8. Al Die Lof, Aanbidding En Ere (RUBRIEK: Kontemporęr - Verwondering) Oorspronklike titel: Be Unto Your Name Teks en Musiek: Lynn de Shazo & Gary Sadler Afrikaanse vertaling: Jan de Wet © 1998 Integrity’s Hosanna Music (Opgeneem op Worship Him) 1. Ons is ‘n oomblik; U is vir altyd, God van die eeue, God voor die tyd. Ons is ‘n asem; U is vir ewig – U wat ons liefhet, altyd getrou. Refrein: Heilig, heilig, Heer God, Almagtig! Waardig is die Lam wat regeer! Al die lof, aanbidding en ere Kom U toe, o Heer, Kom U toe, o Heer! 2. Ons is gebroke; U die Geneser, Jesus, Verlosser, Redder en Vriend. Ons vra die vrae, U is die Antwoord; Ons die verdwaaldes, U is die Weg. Refrein: