F91. U Genade Vir My Is Genoeg (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Dankbaarheid / Lydenstyd / Opstanding) Oorspronklike titel: Uw genade is mij genoeg Teks en Musiek: Marcel Zimmer Afrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht © 1998 Celmar Music 1. Sien hoe Jesus daar loop in Jerusalem, met ‘n kruis op Sy rug en ‘n doringkroon. Hoor die menigte skreeu en roep: “Kruisig Hom!” – so betaal Hy die sondeloon. 2. Sien die Lam aan die kruis daar op Golgota: God wat mens word en ly, die vernedering. Sien die liefde vir ons in Sy oë staan, toe Hy roep: “Dit is volbring!” Ja, ek dank U vir U genade, o Heer, U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en dis meer as wat ek kan vra. 3. In die ryk van die dood het Hy neergedaal. Ja, uit liefde vir ons wat ons nie verstaan. Maar die steen van die graf is nou weggehaal - Jesus leef, Hy het opgestaan! Ja, ek dank U vir U genade, o Heer, U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en is meer as wat ek kan vra. 4. En nou kom ek tot U met vrymoedigheid; met ontsag en respek, kniel ek voor U neer. U is Koning en God tot in ewigheid U is Jesus die hoogste Heer. Ja, ek dank U vir U genade, o Heer, U het die kruis gedra. U bewys U genade aan my telkens weer en is meer as wat ek kan vra. U genade’s vir my genoeg! U genade’s vir my genoeg!