F93. God Van Krag (RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Geloof en vertroue) Teks en Musiek: JA de Beer © 2005 Urial Publishing (Opgeneem op Uit dieptes) God van krag U stem kom skeur die hemel soos weerlig in die nag. U woorde vernietig elke twyfel en vrees, want U lewe. U lewe! Ek sal sing al huil die stormwinde, al dreun die vloed met mag. Die Ewige vlam van hoop brand diep in my, want U leef. U leef! U lewe. Meer as wat ek kan dink of kan droom, kan U waar maak in my lewe. U regeer oor my donkerste nag. Ek vertrou U, God van krag. my God van krag, My God van krag. My God van krag.