F94. U’s My Vader (RUBRIEK: Komtemporêr – Afhanklikheid / Geloof en vertroue) Teks en Musiek: Zander van der Westhuizen © 2005 Urial (Opgeneem op Uit dieptes) Ek soek na U. Ek roep na U. Ek wil U ken – U's my Vader, U's my Heer. Ek wag op U. Ek ken u Naam. Ek wil U loof. U's my Vader, U's my Heer. En ek kom sit by u voete. En ek kom lê in u arms. Ek hou U vas met als in my, want U's die Een wat verstaan. Ja, U's die Een wat verstaan.